"Not all those who wander are lost.." - J. R. R. Tolkien

A poem written by Andrea Francis, daughter of Annie Vonk-Apollis, about the property. It evokes some of the rich history the family has left here, and the simplistic power of the land.

Homeb Nr. 6

- Andrea Francis

Hoekom sal ons dan reis

Na 'n plek waar die dorre aarde,

En die Hemel mekaar aanskou?

Hoekom na 'n plaas so ver,

'n Grond pad, 'n klein gebou?

Waar is die grand hotel?

Kry ek ooit ontvangs op my sel?

Hoe kan mens dan hier iets uitrig?

Hier in die dorsland onder hitte swig?

Wag vriend, ek sal jou se wat in die aarde lê...

Hier val 'n man se bloedsweet,

'n Vrou se alto sang.

Hier hardloop 'n kaalvoet kind rond,

Probeer om 'n kalkoen te vang.

Hier skraap ons sentjies by mekaar,

Om 'n pakkie meel te koop.

Hier lag ons en gesels ons,

Vol liefde, trots en hoop.

Hier ry ons op 'n donkiekar,

'Sping in, as jy wil dorp toe ry'

Hier sit ons op die stoep saam,

En kyk hoe skiet sterre in die Hemel naby.

Hier groei 'n vye boom nog,

Lank na die laaste tas gepak is.

Hier waai 'n hoopvol wind nog,

Oor die godverlate vlaktes.

Jy mag nie onmiddellik oplet,

Dat die plek 'n stille mag het.

Want dis tog maar net 'n plekkie.

Met 'n klein ou ysterhekkie.

Maar luister 'n rukkie na die wind,

Want jy mag dalk rus en vrede hier vind.

Previous
Previous

Homeb no.6: Our Property

Next
Next

Martha & John: A legacy of love, family and hard work.